1 Corinthians 14:29-33
29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
30 Maar as daar iets geopenbaar is aan ’n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.
31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.
32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;
33 want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
Afrikaanse Ou Vertaling