4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
6 wat Homself gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
7 waartoe ek aangestel is as ’n prediker en apostel - ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie - ’n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.