1 Thessalonians 4:16-17
16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Afrikaanse Ou Vertaling
Luke 22:29-30
29 En Ek beskik vir julle ’n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
Afrikaanse Ou Vertaling