Acts 2:27-31

27 Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.

28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.

29 Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.

30 Omdat hy dan ’n profeet was en geweet het dat God vir hom met ’n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,

31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

Afrikaanse Ou Vertaling

Romans 6:10-11

10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

Afrikaanse Ou Vertaling

1 Peter 3:18-19

18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring - Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;

19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,

Afrikaanse Ou Vertaling