Matthew 11:25-30
25 IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.
26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.
28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
30 want my juk is sag en my las is lig.
Afrikaanse Ou Vertaling
Mat13:53-57
Matthew 13:53-57
53 EN toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.
54 En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?
55 Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie?
56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?
57 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
Afrikaanse Ou Vertaling
Matthew 18:1-4
1 IN daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?
2 Toe roep Jesus ’n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan
3 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
Afrikaanse Ou Vertaling
Matthew 20:25-27
25 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê. Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;
26 maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
27 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;
Afrikaanse Ou Vertaling
Matthew 23:1-12
1 TOE het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek
2 en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.
5 En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
6 En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
7 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!
8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.
10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.
11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Afrikaanse Ou Vertaling
Mark
Mark 10:42-43
42 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen;
43 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
Afrikaanse Ou Vertaling
Luke 14:7-11
7 EN toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides ’n gelykenis en sê vir hulle:
8 Wanneer jy deur iemand na ’n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.
10 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
Afrikaanse Ou Vertaling
Luke 22:27
27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.
Afrikaanse Ou Vertaling
Philippians 2:3-5
3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Afrikaanse Ou Vertaling