3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.

5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,

7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.