Genesis 3:6

6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

Afrikaanse Ou Vertaling

Genesis 11:4

4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

Afrikaanse Ou Vertaling

Isaiah 14:14

14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

Afrikaanse Ou Vertaling