Genesis 1:26-28
26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Afrikaanse Ou Vertaling
Psalm 8:6-8
6 U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
Afrikaanse Ou Vertaling