Genesis 3:15
15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Afrikaanse Ou Vertaling
Genesis 17:10-14
10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word
11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en julle.
12 ’n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie
13 die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ’n ewige verbond.
14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie - dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.
Afrikaanse Ou Vertaling