Isaiah 59:2
2 maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
Afrikaanse Ou Vertaling
1 Corinthians 3:1-8
1 EN ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?
4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos - is julle nie vleeslik nie?
5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
Afrikaanse Ou Vertaling