John 17:10-26
14 Ek het hulle u woord gegee, en die węreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die węreld is nie, net soos Ek nie van die węreld is nie.
15 Ek bid nie dat U hulle uit die węreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
16 Hulle is nie van die węreld nie, net soos Ek nie van die węreld is nie.
17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
18 Soos U my gestuur het in die węreld, het Ek ook hulle in die węreld gestuur.
19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo -
21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die węreld kan glo dat U My gestuur het.
22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die węreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die węreld.
25 Regverdige Vader, al het die węreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.
26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
Afrikaanse Ou Vertaling