Jes. 29:4

4 Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van ’n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.

Die Bybel: Ou Vertaling, Joh 3:31

31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.

Afrikaanse Ou Vertaling

Filippense 3:18-20

18 Want baie - van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê - wandel as vyande van die kruis van Christus

19 Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

Afrikaanse Ou Vertaling

Open. 13:11

11 EN uit die aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak.

Afrikaanse Ou Vertaling (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.