John 6:63

63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Afrikaanse Ou Vertaling
 
 

Romans 8:5-9

Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
 
 

Afrikaanse Ou Vertaling