19 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.
20 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou - verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.