DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
Ek, die ondergetekende, .................................... toegelaat tot die openbare bediening van die Woord in die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur die Algemene Regskommissie wat daartoe gemagtig is, (1)verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat (2)ek van harte glo dat (3)al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Enigheid - naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (Confessio Belgica), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, deur die Sinode van Dordrecht in die jare 1618 aangeneem - ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voornoemde leer ywerig en volhardend te leer (4)en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen dié leer, hetsy regstreeks of onregstreeks, te leer of te skrywe. En net soos ek hierdie leer(5)ter goeder trou aanneem en van harte glo, so verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry, en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoë te doen om dit uit die Kerk te weer. Ek beloof om my op die uitbreiding van die ryk van die Verlosser deur die bevordering van (6)godsdienskennis, Christelike sedes, orde en eendrag met alle ywer toe te lê, en (7)om my aan die verordeninge van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te hou. En indien dit mag gebeur dat ek later enige beswaar of ander insig omtrent hierdie leer kry, so belowe ek dat ek dit (8)nóg openliknóg heimlik sal voorstaan, leer of verdedig deur prediking of geskrif(9)alvorens ek dit aan die sinode openbaar om aldaar nader ondersoek te word. En indien enige bevoegde kerklike liggaam te eniger tyd, ten einde die enigheid en suiwerheid van die leer te bewaar, dit goedvind om 'n nadere verklaring van my gevoele omtrent een of meer van die voormelde artikels te eis, so belowe ek hiermee plegtig dat ek altyd daartoe gewillig en bereid sal wees. En indien dit bevind word dat (10)ek teen enige gedeelte van hierdie verklaring en beloftedienaangaande gehandel het, so belowe ek om my aan die uitsprake van die bevoegde kerkvergaderinge te onderwerp. Ook verklaar ek plegtig voor God dat ek, om 'n standplaas te verkry, geen ooreenkoms aangegaan of gifte gegee het of ooit sal aangaan of gee nie; dat ek nie daarvan bewus is dat dit deur iemand van my kant af in my belang aangegaan of gegee is, of aangegaan en gegee sal word nie; dat ek ook nimmer 'n standplaas sal soek of aanvaar waarvan ek mag vermoed dat dit deur enige voorwaarde, belofte of watter middele ook al van 'n voorafgegane ooreenkoms aan my opgedra word nie. Ek verbind my deur my handtekening tot al die vermelde.
Geteken te ........................................ op ............................ 19 .......
Geteken in my teenwoordigheid .........................................................