Leviticus 17:11
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Afrikaanse Ou Vertaling
Leviticus 17:14
14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
Afrikaanse Ou Vertaling
Ephesians 1:7
7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,
Afrikaanse Ou Vertaling
Colossians 1:14
14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
Afrikaanse Ou Vertaling
Hebrews 10:10
10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Afrikaanse Ou Vertaling