45 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hę en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
46 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hę en in die helse vuur gewerp te word,
48 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.