Matthew 5:33-37

33 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.

34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie - nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;

35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;

36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.

37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

Afrikaanse Ou Vertaling

Gereformeerdes,  A.G.S., Vollies, Baptiste en ???!!!