Revelation 19:11-14

11 TOE het ek die hemel geopend gesien; en daar was ’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

12 En sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

13 En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.

14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

 

Afrikaanse Ou Vertaling