17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woord van God volbring is.
Afrikaanse Ou Vertaling
4 Die eerste was soos ’n leeu, en hy het vlerke van ’n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ’n mens op twee voete neergesit is en daaraan ’n mensehart gegee is.
5 En kyk, ’n ander dier, ’n tweede, het gelyk soos ’n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis.
6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ’n ander een soos ’n luiperd, en dit het vier vlerke van ’n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.
7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ’n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.
8 Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ’n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en ’n mond wat groot dinge spreek.
Afrikaanse Ou Vertaling
19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
Afrikaanse Ou Vertaling
Revelation 13:18
18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.
Afrikaanse Ou Vertaling
Nota : 666 is die selfde as die twee-derde meerderheid wat
die meerderheid sy sin gee al weet die geleerdes dat die meerderheid taamlik dom
is ! Die demokrasie is dus seker die belaglikse van alle menslike dwaasheid !
Mense, die meerderheid, is in staat om teen hulself bedrog te pleeg en dit oor
en oor te bly doen. Kyk bietjie wat gebeur wanneer die "Weakest Link" se
deelnemers die swakste skakel moet uit stem! Hulle stem bykans elke keer
die verkeerde skakel uit die spel uit!