16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.

17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ’n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem - dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.