|
Om 'n skakel na hierdie blaai aan vriende te stuur, druk net op die knop hier onder.
|
| Hoofkeuselys | ||||
|---|---|---|---|---|
|
| Geloofsake Keuselys | |||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
|
| Nuutste Kommentare |
|---|
| Wie's nou Hier |
|---|
| Ons het 2 gaste en 1 gebruiker oppie werf |
| Jou IP adres is as volg : 38.107.191.96 |
|
Besoekers:
|
| Weer innie Laagland |
|---|
|
|
God is Liefde | Volmaakte Geregtigheid is Volmaakte Liefde is God. |
|
|
|
| Geskryf deur Dirk Muller | |
|
Een vraag wat ek myself op verskillende
maniere baie afgevra het voordat ek God leer ken het, was : "As God dan
die sonde so haat, waarom delg Hy die satan nie uit sodat ons van hom verlos
mag wees nie ?" of "Waarom het Hy nie lankal die satan verdelg nie
?" of "Waarom het Hy my gemaak, nou moet ek hier worstel met die
satan en die sonde sodat ek nie kan doen wat ek wil nie ?!" Al hierdie vrae het by my gespook as
gevolg van die sonde en onkunde waarin ek verkeer het. Om oor hierdie dinge te
wonder is seker nie sonde nie maar eers na die wedergeboorte het Hy my hierdie
dinge laat verstaan. God is liefde, en die liefde maak nie dood
nie maar verdra alles, is genadig, is nie opgeblase nie maar nederig. Omdat die
liefde nie dood maak nie, is die liefde die ewige lewe. Omdat die liefde nie
opgeblase is nie, verhef die liefde homself nie oor die ander nie en onderwerp
dus niemand nie, maar onderwerp die self aan die ander en word diensbaar eerder
as om gedien te word God is nie 'n God wat agting vir Homself
op Sy skepsels afdwing omdat Hy uit hoogmoed as God erken wil wees nie, want Hy
is nederig. Die waarheid is nou eenmaal dat Hy die Een is wat God is en elkeen
wat dit nie erken deur Hom as God te erken en te eer nie, ( Rom. 1:18 - 21 ) die waarheid onderdruk en elkeen wat
die waarheid onderdruk en God nie as God eer nie, het nie die liefde nie
aangesien die liefde aan elke ander skepsel diensbaar is, eer betoon en hoër
ag, nie as gelyk nie, maar hoër as die self. ( Fil. 2:3
) Van geregtigheid in 'n skepsel, wie se
alles nie In en Uit Hom is nie, is daar geen sprake
nie. Daar waar die liefde regeer, ag die een
die ander hoër as die self en dié almal is al die ander se
dienskneg sodat niemand iemand anders onderwerp of gevange neem of oorheers
nie. Dit is die ewige lewe. Dit is die volmaakte geregtigheid. Dit is die
volmaakte liefde. Dit is die volmaakte vryheid!
Dit is die ewige lewe waar die liefde
regeer. Selfs God onderwerp niemand nie want Hy bedien Sy hele skepping deur
dit liefdevol sonder verwyt in stand te hou deur die Woord van Sy krag ( Hand. 17:25,
Heb. 1:3 en Jes. 64:4 ) sonder om te verwyt. Volgens die geregtigheid is Hy as Skepper
verplig om na Sy skepsel om te sien en dit in stand te hou aangesien die
skepsel nie gevra het om te bestaan nie. Die een kan nie sonder die ander
bestaan nie. Die Skepper is nie skepper nie totdat daar skepsels is nie en die
skepsels kan nie onstaan sonder hul Skepper nie. ( Bepeins Rom. 11:16-18 en Joh.
15:1-7 en dan Jes. 59:21 en laat Hom toe om hierdie verborgenheid
te openbaar sodat dit U deel kan word. ) Soos wat die tak wat homself van die boom
se wortel afbreek en op sy eie verdor omdat die wortel nie meer daar is nie, so
ook met die skepsel wat nie in sy Skepper gewortel is nie.
Soos wat die tak wat homself van sy wortel vervreem, die wortel oneer aandoen
deur die wortel nie toe te laat om die lewe aan die tak te verskaf nie en tak
uitdroog en vergaan, so ook onteer die skepsel sy Skepper deur hom nie toe te
laat om die "wortel" te wees waaruit hy sy onstaan en voortbestaan te
danke het nie. Aangesien die Liefde nie doodslaan nie, is
dit vir God onmoontlik om die satan of enige van Sy skepsels uit te delg sodat
hulle daar nie meer is nie, al is hulle Hom vyandig. Hy is die God van die lewe
en is die lewe en daar is geen dood in Hom teenwoordig nie. Ons is daaraan
gewoond om elk na sy eie belang om te sien en aanvaar dit as regverdig om ons
vyande dood te maak omdat hulle ons eie voortbestaan bedreig. Tog het ons die
Lam van God nie so leer ken nie. Hy het nie eers Sy mond geopen om Homself te
verdedig voor die gereg van Pilatus nie. Bepeins eers die volgende Skrif goed
voordat u verder aangaan asseblief. 1
Kor1:18-24 18 Want die woord van die kruis is wel
dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die
krag van God; 19 want daar is geskrywe: Ek sal die
wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense
tot niet maak. 20 Waar bly die wyse? Waar bly die
skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid
van hierdie wereld dwaas gemaak nie? 21 Want aangesien in die wysheid van God
die wereld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur
die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; 22 want die Jode vra 'n teken en die
Grieke soek wysheid,
23 maar ons verkondig Christus wat
gekruisig is, 'n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; 24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel
as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God. Almal wat weier om hulself vrywilliglik
aan God te onderwerp ( Die Self te kruisig ) omdat Hy volgens alle geregtigheid
en waarheid waarlik God is, het nie die waarheid nie en nie die liefde nie en
het nie die lewe nie maar handhaaf die wet van die leuen en die dood. Die
vrywillige en liefdevolle onderwerping van die een aan die ander is die ewige
lewe terwyl die verheffing van die een oor die ander, die ewige dood is. Elkeen wat gehoorsaam is aan die wet van
die dood het geen respek vir enige ander nie behalwe die self en sal dus alle
ander skepsels in sy omgewing aan homself wil diensbaar maak en onderwerp.
Elkeen wat homself verhoog moet noodwendig die ander verneder en onderwerp.
Hierdie stelsel is die stelsel van regering soos wat ons dit hier op die aarde
ken. Dit lyk na die lewe maar is in werklikheid die dood. Ons mense noem
dit die handhawing van wet en goeie orde, kontrole ens. en regeer selfs die
gemeente van God met hierdie wet van die dood ! In die vlees kan die uitwerking van die
wet van die dood duidelik gesien en verstaan word ( Rom. 1:20 en Efe.
3:8-10 ) want
waar die een die ander onderwerp, word die saak uitgespook totdat die dood
intree vir die swakste. In die geestelike bedeling is daar geen einde nie en
die toestand van oorlog onder mekaar sal duur van ewigheid tot ewigheid; vir
ewig afgryslik maar die begrip of betekenis van "ewige dood" is nie
so maklik sigbaar in die gees as in die vlees nie. Daarom is die aarde en alles
wat daarop is geskape sodat deur die gebeure hier, die alwysheid van God
duidelik en sigbaar aan die owerhede en magte in die hemele, wat die wet van die
dood handhaaf, bekend gemaak kan word. Dit sal die hel wees om die ewigheid deur
te bring waar die proses van onderwerping en pyniging en vernedering en
oorheersing en woede, die wurm van vertering, soos 'n onuitbluslike vuur nooit
tot einde kom nie. ( Markus 9:44, 46 en
48 ) Vir hulle wat in die dood verkeer sou dit
die enigste uitkoms wees dat God soos hulle word en hulle afgryslike toestand
tot einde bring, deur hulle geestelike voortbestaan te verdelg maar dit
kan, ongelukkig vir hulle, nooit gebeur nie omdat Hy die lewe is ( Jes. 48:9 ). Die enigste vooruitsig wat hulle het
is die voortbestaan in hierdie ewige dood, verbreking van die gees waar die
wurm geen einde het nie en die vuur nie uitgeblus kan word nie. Hulle eie gesindheid is hulle eie vuur en
pyniging tot in alle ewigheid. Indien dit vir hulle moontlik was om hulself te
verander, sou hulle hulself uit hierdie pyniging en onuitbluslike vuur kon red
maar aangesien hulle deur God geskape is, en in waarheid skepsel is en nie
Skepper is nie, is hulle magteloos in hierdie toestand tot in alle ewigheid toe
waar hulle hul tonge sal kou van die pyn van selfverwyt. Die tyd om na God terug te keer om in die
regte verhouding van skepsel uit Skepper herstel te word en deur Hom verander
te word is nou in die liggaam terwyl daar versoenning in Christus is. Eens uit
die liggaam in die gees, is daar geen manier meer wat God versoenning kan
bewerk vir die sonde, die vyandskap teen die waarheid nie. As iemand wys is, sal hy hierdie dinge
insien en op sy aardse einde let ( Deut. 32: 22 - 29 ). Dit behoort nou duidelik te wees dat hy
wat die liefde en die lewe nie het nie, glad nie kan inpas daar waar die liefde
en die ewige lewe regeer nie. Die enigste regverdige manier om die
wrywing tussen die twee groepe skepsels in die skepping tot einde te bring, sou
wees om die skeiding so groot te maak dat daar geen kontak tussen die twee
groepe kan wees nie ( Luk 16:26 ). Hulle wat die wet van die lewe en die
vryheid en die liefde, wat die ewige lewe is, in hulle het, kan onmoontlik nie
die ewigheid saam met hulle wat hierdie wet nie het nie, maar die wet van die
dood in hulle het, deurbring nie. Soos die Skrif ook se : "Die slaaf en
die vryman kan nie saam erwe nie." ( Gen.
21:10 en Gal. 4:30 ) Hulle wat beweer dat God wat liefde is,
nie iemand in die hel sal werp om met vuur gepynig te word nie, is gedeeltelik
reg want hulle werp hulle self deur eie keuse daar deurdat hulle nie aan God
die geleentheid wou bied om waarlik hulle God te wees nie. Hierdie mense moet
ook daaraan dink dat aangesien God so liefdevol en regverdig is, gee Hy aan
elke skepsel die vryheid om die ewigheid daar deur te bring waar hy self kies.
KIES DAN DIE LEWE DAT JY KAN LEWE ! ( Deut.
30:19 ) Ook moet hierdie mense wat so redeneer dit
in gedagte hou dat God, weens die liefde en geregtigheid wat die volmaakte wet
van vryheid is ( Fil. 2:3 - 5; Jak.
1:25 en 2:12 )
wat daar in Hom is, onder geen omstandighede kan inmeng in die lewe en hart van
enige van Sy skepsels sonder hulle wettige toestemming nie. Elkeen wat diep
insien in die volmaakte wet van vryheid sal verstaan dat dit beteken dat God
niemand in enige rigting kan dwing nie, al is Hy God die Almagtige ! As Hy iemand
sou dwing deur eenvoudig besit te neem van so iemand, sou Hy sy eie volmaakte
wet van die lewe, waar die een die ander groter ag as die self
, verbreek! Dit is tog so dat Hy wil he dat almal
gered moet word en tot kennis van die waarheid moet kom ( 1 Tim. 2:4 ) maar ook so dat Hy weens Sy
geregtigheid en liefde aan elk die volmaakte vryheid gee om nie gered te word
nie indien iemand uit dwaasheid so sou verkies. Indien Hy iemand sou dwing om
gered te raak sodat Hy sy eie sin kan kry, sou dit beteken dat Hy nie ander
hoër ag as Homself nie ( Fil. 2:3 ) wat ook sal beteken dat Hy nie Sy eie
volmaakte wet van die ewige lewe en volmaakte vryheid handhaaf nie en dus nie
volgens die liefde wandel nie ! Dit is belangrik dat in gedagte gehou word
dat Hy nederig is en Homself net kan laat vind sonder om Homself af te dwing. ( Jes.
65: 1 - 5; Jer.29: 14 - 20; 1 Kron. 28: 9; 2 Kron. 15: 2, 4 en 15 en Rom. 10:20 ) In Sy nederigheid sal Hy homself laat vind
deur elkeen wat met opregte hart na Hom soek ( Jak.
4:8 - 10 )
sodat Hy vir daardie persoon 'n God en die ewige lewe kan wees. Die grootste openbaring van Sy nederigheid
en gesindheid van die ewige lewe en die volmaakte wet van vryheid wat geld in
die koninkryk van God, het na my gekom deur Mat. 11:11 se woorde : Voorwaar Ek se vir julle, onder die wat
uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die
Doper nie; As mens diep in Jesus se woorde inkyk dan
merk mens dat Hy wat Jesus is, na Johannes die Doper verwys as die groter een
tussen die twee van hulle. Dit is so dat Johannes die Doper die ouer een tussen
die twee klein-neefs was, maar afgelei uit wat deur die Skrif aan ons bekend
gemaak word, lyk dit nie asof hulle mekaar as kinders geken het nie. Elk van
hulle is as mens deur 'n vrou in die wereld gebring en Jesus self maak deur Sy
eie woorde Johannes die doper groter as homself. Hierdie skrif het my so aangegryp dat ek
die oorspronklike bewoording in die Griekse teks gaan naslaan het om die
korrektheid daarvan te bepaal en het op die volgende afgekom soos ek dit woord
vir woord met Afrikaans hier weergee : "Voorwaar Ek se aan julle, nie het
opgestaan in geboorte van 'n vrou 'n groter Johannes die Doper; die maar
kleiner in die koninkryk van die hemele groter hy is." Omdat die tweede gedeelte van die versie
beter sou sin maak met die beginsel wat hier ter sprake kom, sou ek persoonlik
dit as volg vertaal : "Voorwaar ek se aan julle, onder die
wat uit 'n vrou gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes
die Doper nie; maar hoe kleiner in die koninkryk van die hemele, hoe groter is
hy." In werklikheid, as mens die beginsel in
diepte bepeins, verskil my bewoording of vertaling van hierdie gedeelte van die
Skrif van dié van die ou Vertaling. My manier van die woorde rangskik maak
miskien net die begrip van die beginsel wat Jesus hier te kenne gee word
makliker om in te sien. Mat. 11:11b maak dit duidelik dat die vertalers nog nie
hierdie oorweldigende feit aangaande Sy volmaaktheid ingesien het nie! God het dit in Sy wysheid so beskik dat
hierdie groot waarheid oopgaan vir hulle wie se oë op die waarheid gefokus is
en dit naspeur soos goud (
Spr. 2:1 - 9
). Die volmaakte wet van God is die ewige lewe en is logies en kan ook logies
verstaan en ingesien word. (
Rom. 1:18 - 21
) Indien almal die kleinste wil wees, sal
daar geen oorheersing, geen onderwerping, geen afguns en eindelik geen dood
wees nie. Dit is die volmaakte wet van die liefde, dit is die volmaakte
geregtigheid en die ewige lewe ! Hierin is die wese van God se heiligheid, die
liefde, die geregtigheid en die ewige lewe openbaar ( Mat.20: 25 - 28 en
Mat. 23: 8 - 12
). Hieraan kan enige leerstelling gemeet word
om te sien of dit uit God is of nie. Enige leer wat bots met hierdie gesindheid
wat daar ook in Christus Jesus was, is nie uit God nie en is nie die lewe nie
maar die dood. ( Fil. 2:3-8 ) Ons kan verwag dat in die koninkryk van
God die ratwerk radikaal anders sal wees as wat ons hier op aarde gewoond aan
is, nie waar nie ?( Luk. 22:24 - 27 ) Tog is dit waar dat hierdie wet nie in een
van ons se harte geskrywe staan nie. Sedert ons geboorte wil ons net ons
sin he of skree die dak af en skop styf van woede in ons baba-magteloosheid
totdat ma daarin slaag om ons tevrede te stel. Hy wat glo dat hy homself kan verander
totdat hierdie gesindheid om in waarheid te dien werklik deel van sy wese is,
lieg vir homself want dít alles is uit Sy Heilige Gees alleen.
Selfs al sou iemand daarin kon slaag om homself so te verander, sou sy roem nie
langer in die Here wees nie aangesien so iemand dan die skepper van sy eie
geregtigheid geword het. Daar is egter net een Skepper uit Wie
alles ontstaan het en in Wie alles stand hou en Hy gee daardie
eer van Hom aan niemand anders nie ( omdat Hy nie kan lieg nie ) want net Een
is dit wat die Eerste en die Laaste is en kan wees. So, al sou iemand dan ook
daarin kon slaag om homself volkome heilig te maak met al die gesindhede van
die ewige lewe, dan sou so iemand steeds daaraan skuldig wees dat hy die ware
Skepper oneer aandoen deur hom nie toe te laat om Skepper te wees nie. Ook
ontneem so iemand sy Skepper die voorreg en reg om Sy geregtigheid te doen deur
Sy skepsel in liefde en geregtigheid te bedien (
Luk. 22:27 ).
Soos wat die wortel die takke dien, so dien God ook Sy skepping en elkeen wat
die wortel wil wees terwyl hy dit nie is nie, het nie die waarheid in hom nie
en is doemwaardig ! Jes 48:9-18 9 Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn,
en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie. 10 Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos
silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende. 11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit
doen - want ag, hoe is my Naam ontheilig! - en Ek sal my eer aan geen ander gee
nie. 12 Luister na My, o Jakob, en Israel, wat
Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste. 13 Ook het my hand die aarde gegrond, en
my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal
saam. 14 Kom bymekaar, julle almal, en luister!
Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae
voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs. 15 Ek, Ek het dit gespreek, ook hom
geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees. 16 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het
van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur,
is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur. 17 So se die HERE, jou Verlosser, die
Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat
jou lei op die weg wat jy moet gaan. 18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister
het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die
golwe van die see; Jes. 43:25-26 25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge
uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. 26 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar
pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word. Is my ore geopen vir die uitnodiging van
die Here ? In Sy volmaakte nederigheid stel Hy ons mensies eerste aan die woord
( vers 26 hierbo ) om te bely dat ons teen Hom gesondig het deur in
ongeregtigheid die waarheid dat Hy God is, te onderdruk deur Hom nie as God te
erken en te eer nie. Laat ons dan nader tot Hom sodat ons alles uit Sy
Hoogste kan wees en nie langer uit ons eie self nie. Gebed. Here Jesus, vandag het U my die ewige Lewe
en die ewige Dood getoon. En dit is die ewige lewe om U te ken en die Seun wat
u gestuur het. Tot nou toe het ek U nie geken nie en
staan skuldig daaraan dat ek in hardnekkigheid die waarheid onderdruk het. Van hoorse het ek van U gehoor maar vandag
het U my oog geopen sodat ek U kan sien. Verlos my asseblief van myself en my eie
insigte en openbaar U heerlikheid aan my sodat ek U kan ken sodat die ewige
lewe in my kan wees en U in my en ek in U soos wat U in die Vader is sodat ons
een kan wees in die gesindheid van die ewige lewe en ek opreg soos die lote van
die wynstok kan bely : "my alles is In en Uit U die
Allerhoogste." Amen! . |
| < Vorige | Volgende > |
|---|