|
Om 'n skakel na hierdie blaai aan vriende te stuur, druk net op die knop hier onder.
|
| Hoofkeuselys | ||||
|---|---|---|---|---|
|
| Geloofsake Keuselys | |||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
|
| Nuutste Kommentare |
|---|
| Wie's nou Hier |
|---|
| Ons het 12 gaste en 1 gebruiker oppie werf |
| Jou IP adres is as volg : 38.107.191.98 |
|
Besoekers:
|
| Weer innie Laagland |
|---|
|
|
Geloofsake
Staan die Christendom Teenoor Ander Gelowe ? | Staan die Christendom Teenoor Ander Gelowe ? |
|
|
|
| Geskryf deur Dirk Muller | |
|
Ook uit die Christendom het daar baie
valse profete uitgegaan wat hulself in hierdie hoofstuk sal ontdek indien hulle
let op die beginsels wat geld ( 1
Joh. 2:19 ). Vir die godsdienstige slawe buite die
Christendom, klink en lyk die Christendom na 'n raaisel aangesien daar so 'n
menigte groepe is wat almal graag bekend wil staan as Christen kerke. Die waarheid is dat nie eers een
van hierdie kerke, soos hulle bekend staan, werklik die
Christendom verteenwoordig nie. Hulle strukture pas nie in by strukture van die
ewige lewe nie maar lyk eerder na die strukture van hulle wat die leer van die
Nikolaiete aanhang. Dat daar Christene se name as lidmate op die
lidmaatregisters van hierdie sg. kerke voorkom, is waar en ek dank die Here
daarvoor dat Hy op so 'n wyse sendelinge na hierdie sendingveld, wat as kerk
bekend staan, stuur ! Met uitsondering van satanisme, meeste
"Afrika-godsdienste," toordery, ens. hang al die godsdienste van die
wereld die "goeie"aan, in die konteks van wat hulle as die
"goeie" sien of verstaan. Soos wat "negatief en positief"
op die oog van die toeskouer berus, so ook berus "die goeie" baie
keer op die oog van die toeskouer. Ek het so 'n klompie maande gelede gereeld
'n vriendin na 'n sekere radiostasie geneem wat haar met die insameling van
fondse, klerasie ens. behulpsaam was. Elke keer wat sy die plek besooek het,
het ek buite in die motor bly wag. Omdat ek geweet het dat hierdie radiostasie
se mense Hom nie ken nie, het ek soms daarvoor gebid dat die Here Hom tot die
eienaars van hierdie radiostasie sal neerbuig om hulle te red uit hul dwaling. Toe ek later verneem dat die hernuwing van
hul uitsaaipermit deur die owerhede geweier is, wou ek, omdat ek vir die mense
omgee, vir hierdie radiostasie se voortbestaan bid maar die Here het my daarop
gewys dat Hy deur hierdie omstandighede aan die werk is met hierdie mense. Ook
het Hy my daarop gewys dat hulle ernstige vyande van die Waarheid is en dat dit
beter sal wees indien dié radiostasie toe bly tot tyd en wyl hierdie mense Hom
leer ken het. Vir my was die regering van die dag (
gedurende die jaar 1999 ), wat self vyande van God is, se weiering van hulle
uitsaaipermit toe nie langer negatief nie maar positief aangesien bekerings mag
volg. Vir dié van die radiostasie en hul vriende was dit negatief! Die Woord
van God is gelouter en daarom dat woorde met moontlike dubbele waardes en
betekenisse soos negatief en positief nie daarin voorkom nie. ( Spr. 30:5-6 ) Woorde met dubbelhartige betekenisse kom
voor by die godsdienste van die slawe sowel as in hul boeke. Woorde soos bv. "kharma" se
betekenisse le ook in die oog van die toeskouer. Hy wat van my hou sal beweer
dat ek "goeie kharma" het terwyl die volgende persoon wat nie van my
hou nie weer sal se dat ek "slegte kharma" het. ( So sleg is my
"kharma" vir die duiwel se knegte dat hulle my soms wil aanval en
doodmaak maar net nie die moed daarvoor bymekaar kan kry nie omdat my uur om
hierdie planeet te verlaat nog nie gekom het nie.) Die ware Christendom het niks te make met
kerklike organisasies nie, maar het te make met 'n persoonlike verhouding met
God. Die ware Christen werker vir die koninkryk van Jesus loop nie rond en
verkondig wat volgens sy siening "die regte kerk" en "die regte
goeie werke" of die regte manier van doop is nie, maar verkondig
Jesus wat die Verlosser van die liggaam is ( Efe.
5:23 en Kol.1:28 ). As iemand ten volle aan Jesus behoort
dan sal Jesus daardie persoon se hart verander sodat hy sal begeer om te doen
wat Jesus begeer hy moet doen. Die ware Christen weet dat daar in
werkliheid net een verkeerde ding is, en dit is om nie ten volle aan God te
behoort en oorgegee te wees nie. Alle verkeerde dinge in die mens op aarde se
hart het sy oorsprong juis daaruit dat hy nie ten volle in eenheid met God
verkeer en so deur Sy Gees en geregtigheid regeer word nie ! Daar is nou ook hulle wat sal beweer dat
God in alles is en dat alle dinge heilig is omdat dit deur God geskape is. Die
waarheid is tog dat God nie in die verkeerde dade van mense is
nie. Hy is die God van die ewige lewe en hoe kan Hy in die
dade van moordenaars wees ? Dat Hy wel oral teenwoordig is, ook daar waar die
verkerde gedoen word, is waar. Die feit dat Hy wel teenwoordig is daar waar die
verkeerde dinge gepleeg word, beteken nie dat Hy ook in die
verkeerde daad is nie ! Soos wat Hy nie in die
dade of gesindheid van die dood teenwoordig is nie, is Hy in
die dade, denke en gesindheid van dié wat Hom ken en liefhet omdat hulle alles
uit Hom is. Alle dade, gedagtes en gesindhede wat nie in
Hom is nie, is sonde omdat Hy nie daarin is nie. Soos wat Hy
nie in die slegte dade van mense is nie, is Hy ook nie
noodwendig in die goeie dade van mense nie. Hy is alleen in
die dinge wat in Hom gedoen is deur mense en
engele wat in Hom is en Hy in hulle ( Joh. 17:20 - 26 ). Daarom is selfs die nakoming van die Wet
sonde indien dit nie in Hom is nie en indien Hy nie in
die nakoming van daardie wet is nie ( Ps.
37:6 , 127:1;
Rom. 2:15, 3:19 - 20 , 10:2 - 3; 14:23; Gal. 2;16; Efe. 2:9; Fil. 2:13 en Heb. 8:10, 10:16 ). Die punt wat hier begryp moet
word is die feit dat al doen ek wat reg is net omdat ek weet dat die Woord so
se, maar nie omdat dit my ingeboude begeerte is om daardie regte daad te doen
nie, beteken dit dat my hart steeds duisternis is al getuig my dade van die
lig. Wat ek doen is dus 'n leuen en getuig nie
van my hart se ware toestand nie al het ek die geregtigheid gedoen. Om dan
waarlik volgens die geregtigheid en in die geregtigheid te
wandel, beteken dit dat my goeie dade en die begeerte van my hart met mekaar in
ooreenstemming moet wees. Dit beteken dat geregtigheid wat onder dwang of uit
vrees vir die hel of uit vrees vir die almag van God gedoen is nie ware
geregtigheid is nie. Tensy my geregtigheid dus uit God is
omdat Hy die verandering in my hart gebring het sodat my goeie dade en
geregtihede die opregte begeerte van my hart is, is dit geen geregtigheid nie.
So is dit dan moontlik dat my "geregtighede" sonde kan wees omdat dit
nie opreg uit my hart kom nie en dus nie in Hom gedoen is nie.
Bepeins asseblief eers die Skrifgedeelte hieronder goed voordat u verder gaan
na die volgende parragraaf. Mat.
23:1-4 1 TOE het Jesus die skare en sy dissipels
toegespreek 2 en gese: Die skrifgeleerdes en die
Fariseërs sit op die stoel van Moses. ( Die "stoel van Moses" verwys
na feit dat dit die Skrifgeleerdes is wat die Wet en die nakoming daarvan leer
asof die nakoming van die Wet enige reddende krag het sonder dat dit uit
die begeerte en die wil van 'n hart wat in Hom is en op
Hom gerig is kom. ) 3 Alles wat hulle dan vir julle mag se om
te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen
nie, want hulle praat en doen nie. 4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en
moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil
hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. Wanneer Jesus verwys na die
swaar pakke wat hul saambind en op mense se skouers sit om te
dra, verwys hy na hul leerstellings wat op die nakoming van die Wet en
allerhande gebruike en goeie werke neerkom. Self kan hulle, net soos enige
ander mens, nie daarin slaag om die Wet met opregtheid van hart ten volle te
hou nie. Hulle kan dus hul eie leerstellings, die pakke wat hul
saambind, nie met die finger verroer nie. Hulle goeie werke en nakoming
van die Wet is nutteloos tensy dit uit die opregte begeerte van die hart
kom. Die ryk jongman ( Luk. 18:18 - 23 ) het die hele wet onderhou maar dit het
hom niks gebaat nie. Hy moes net eenvoudig eers arm in sy self gemaakte
geregtigheid word sodat hy weet dat hy niks uit homself kan doen nie voordat hy
gereed is om Jesus te volg ! "Salig is die wat arm van gees is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele." ( Mat. 5:3 ) Genesis 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om
van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer
om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man
by haar, en hy het geëet. Die oomblik toe die vrou met haar eie
begeerlikheid "sien," het die dood ( die dood is die sonde ) reeds
ingesluip. Sy het die dood, die sonde, as "goed" gesien, as iets om
te begeer. Om haar eie verstand te verkry, om self te dink en doen sonder om in
Hom te wees en sonder dat God daarin is ( is om self haar eie
god te word ), was toe 'n lus vir die oog! So het die mens dan deur hul besluit
in die sonde beland nog voordat daar 'n wet was om na te kom! Die feit
dat die wet van hul hart nie meer deur God op die tafels van hul hart
geskrywe word nie het gemaak dat hul in die sonde beland! Dit was wedergeboorte
vanuit die lewe in die dood! Wat ons nou nodig het is wedergeboorte vanuit die
dood in die lewe in want sonder om in die verhouding met God te staan waar Adam
en Eva voor die sondeval was, is ons verlore en sonder God al onderhou ons ook
watter wet en al behoort ons ook aan al die gelowe en
"kerke" hier op aarde tegelyk. So verkondig sg. Christen kerke ook elk
wat hulle as "goed en reg" beskou en leer hul kudde om dan daardie
"goed en reg" te doen terwyl bykans al die gelowe van die wereld ook
maar die selfde doen. So is dit dan dat die Christendom van buite beskou, taamlik
verwarrend voorkom. Die uit die Oosterse en ander gelowe verstaan glad nie die
verdeeldheid in die Christendom nie. Die waarheid is dat daar in werklikheid
geen verdeeldheid in die ware Christendom bestaan nie aangesien hul geloof uit
God is en nie uit hulself nie. Die gedeelte van die sg. Christendom wat van
mekaar verskil se geloof is nie uit God nie maar uit die
skrifgeleerdes wat elke denominasie vir homself kweek! Al gehoor van 'n
kweekskool? Ek weet uit ondervinding en uit Sy Woord en karakter dat God nie ( Markus 3: 23 - 26 ) teen Homself verdeeld is nie en so ook
nie Sy koninkryk nie. Pas dan op vir tradisionele kerke wat
elkeen hulself as die regte kerk verkondig ( Spr.18 : 1 ) en daardeur se dat al die ander verkeerd
is. Hierdie dinge is bewys van 'n huis wat teen homself verdeeld is en is nie
van God nie al het dit ook die naam geneem dat dit deel van die
Christendom uitmaak. Dat daar wel van God se kinders is wat hulself onder
hierdie verdeelde groepe bevind, is waar. Die waarheid is dus dat die meeste van
almal wat voorgee dat hulle huisgenote van Christus is, dit nie is
nie. Alle kerke, al het dit 'n Christelike geur
of kleur is nie noodwendig uit God gebore nie en die godsdienstige bedrywighede
waarmee hulle hul volgelinge besig hou is baie keer in beginsel een en die
selfde as enige ander geloof wat sy volgelinge beweeg om die "goeie"
te doen soos wat hulle dit sien. Die ware Christendom het nie 'n gebou vir
die doeleindes van aanbidding nodig nie aangesien hul harte die tempel, die
nuwe Jerusalem, ( 1 Kor. 3:16 en
Hand. 7:48 en 17:24 ) van God is. ( Mat. 19:28 ) Dit sowel as die feit dat dit God self is
wat Sy kinders heilig maak deur hulle harte te verander om te wees volgens Sy
wil, maak die Christendom enig in sy soort en radikaal anders van al die
godsdienste in die hele wereld. Om 'n Christen te wees is nie 'n godsdiens
nie, want God benodig nie ons dienste nie - Hy het dan die hele skepping sonder
ons dienste geskape gekry. ( Hand.17:25 ) Christenskap is om ten volle aan Hom te
behoort met my wil ( Heb. 10:7 - 18 ) en alles wat ek is soos wat dit 'n
skepsel betaam ! Ek ervaar dit as ware vryheid aangesien Hy Sy begeerte aan my
bekend maak deur dit op die tafels van my hart te skrywe ( Heb. 8:10 ). Met Sy begeerte op die tafel van my
hart geskrywe, word ek waarlik vry (
Joh. 8:32 - 36
) omdat dit nie meer vir my werk is om Sy wil na te speur en te doen of te ken
nie, want Hy het Sy wil my begeerte gemaak ! (
Jak. 1:25 )
Wonderlike goeie nuus! So is dan die ware kerk se "goeie
werke" en woorde nie vanuit die self of eie pogings nie,
maar alles is uit Hom sodat God alles in alles en almal
wat glo kan wees en in alles verheerlik mag word en niemand kan roem nie
behalwe om in Hom te roem nie ! Aan Hom alleen kom toe die heerlikheid en
die aanbidding en die lof en die dank en die krag en die eer tot in alle
ewigheid ! Amen. Gebed : Heilige Vader, vergewe my in die Naam van
Jesus dat ek ooit kon dink of glo dat daar iets goeds vanuit myself kon
voortkom. Vergewe my ook vir selfs die "goeie werke" wat ek uit
myself gedoen het want my beste is steeds met sonde besoedel. Ek sien nou dat selfs my eie geregtighede
sonde is indien dit nie vanuit U afkomstig is en in U en deur
U gedoen is nie. Laat dus my denke en die woorde van my
gebede sowel as alles wat ek doen en dink nie langer uit myself voortkom nie,
maar laat my liewer my eie armoede sien en laat my aanleer om te alle tye uit U
hand aan te neem, geregtigheid, nederigheid, sagmoedigheid,opregte liefde en
vergifnis van my sonde en ongeregtighede. Amen . |
| < Vorige | Volgende > |
|---|