Deut. 11:10-15
10
Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland
waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n
groentetuin, natgelei het nie.
11 Maar die land waarheen
julle oortrek om dit in besit te neem, is 'n land van berge en laagtes wat van
die reën van die hemel water drink;
12 'n land waar die HERE jou
God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin
van die jaar tot die einde van die jaar .
13 As julle dan goed luister
na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te he en
Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
14 dan sal Ek die reën van
julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring
en jou mos en jou olie kan insamel.
15 En Ek sal plante gee op jou
veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.
[Die Bybel: Ou Vertaling,
(Suid-Afrika: Bybelgenootskap Van Suid-Afrika) 1953.]
Nelspruit is sentraal met
Witrivier, Malelane, Barberton, Kaapsehoop, Waterval Onder, Sabie ens. in
my wonderlike nabye omgewing.
'n Land van berge en laagtes
sowaar! Op die berg kry mens nuwe insig oor jou omgewing en nuwe krag van die
vars lug. Ook vind ek dat daar minder lastige vliëe om my draai op die
berge.
Daar is natuurlik geestelike berge en geestelike vliëe! Jesus het eenmaal gese dat
Sy woorde Gees en
Lewe
is en Sy woorde is die Woord van God want Hy is
die Woord. Jesus het verseker nie Sy besoeke aan die berge verwaarloos
nie-selfs die gedagte aan die feit dat Hy te voet moes gaan het Hom
nie lui gemaak nie. Besoeke aan die berge is nodig ten einde die siekes te genees.
Daarom is die oë van die Here
altyd deur op hierdie geestelike land met sy berge en laagtes gerig. Woon u ook
in hierdie land wat van die reën, die hemel water drink?
Druk op 'n foto om te
vergroot:
Hulle deur
wie hierdie kabelspoor opgerig is, moes met moeite self oor die berge gaan om
dit te doen terwille van hulle wat op hul arbeid in sal gaan en die voordele
daarvan oes.
Mense kon van die kabelspoor gebruik maak en met meer gemak en spoed die bestemming
daarvan bereik of kan, indien dwaas, te voet reg onder die kabelspoor ook self oor die berg worstel en veel langer neem om die selfde eindpunt te
bereik....hierdie webwerf is so 'n kabelspoor - gebruik dit dan aangesien u nou hier is!