|
Om 'n skakel na hierdie blaai aan vriende te stuur, druk net op die knop hier onder.
|
| Hoofkeuselys | ||||
|---|---|---|---|---|
|
|
| Wie's nou Hier |
|---|
| Ons het 1 gas en 1 gebruiker oppie werf |
| Jou IP adres is as volg : 38.107.191.99 |
|
Besoekers:
|
| Weer innie Laagland |
|---|
|
|
Geloofsake
Die Laagland - Land van die Nederige | Die Laagland - Land van die Nederige |
|
|
|
| Geskryf deur Dirk Muller | |
Kom
op hierheen ! (Op.11:12) Kom staan saam my hier op
hierdie berg sodat ons die uitsig saam kan geniet. Kom ons
kyk diep in hierdie landskap in... Ek sien onder andere dat: 1 Die pad wat my gebring
het tot hier baie moeilik en vol kronkels is en nou dat ek daarop terug kyk is
net hier en daar 'n stukkie van die pad sigbaar. 2 Alhoewel ek nou baie
verder kan sien as toe ek onder in die dal was, kan ek net sien tot by die
volgende berg en niks verder nie. Om verder as daardie berg te kan sien sal ek
noodwendig ook daardie berg MOET op en daardie pad is nie van hier af sigbaar nie.
3 Anders as onder in
die dal, kan ek met gemak oor 'n paar kleiner bergies sien en so ook
die plek vanwaar die rook (besoedeling) opgaan. 4 Die dorpie reg
voor ons (die sending veld) is tussen hierdie berg wat ek en jy nou op
staan en die volgende berg. Hier op die berg is dit makliker om waar te
neem hoe groot die dorpie is en watter rigting die woon-, sake- en
industriele gebied elk is as wat dit is om hierdie dinge waar te neem
terwyl mens self binne-in die dorpie is ! Die pad na die volgende berg loop
verseker deur hierdie dorpie reg voor ons. 5 Alhoewel die
klanke wat deur die inwoners van die dorpie daar onder se bedrywighede
veroorsaak word hier op die berg hoorbaar is, sal hulle ons nie hoor nie
al skreeu ek en jy hier op die berg albei saam op ons hardste ! Om dus met die inwoners
kontak te maak sal ons daarheen moet afdaal en in beweeg waar hulle
graag oral rond hang en saam met hulle die strate van hulle dorp bewandel. 6 Die beboude gebiede
sowel as die onbeboude gebiede, die lande sowel as die bosse is alles beter
sigbaar....tog is die slange en ongediertes binne-in daardie bosse nie van hier
af sigbaar nie; so ook nie die kakkerlakke in die kombuise nie! 7 Die pad ondertoe lyk
op die oog af nie te moeilik nie en baie korter as wat dit werklik is (maar pas
tog op daarvoor om nie te vinnig berg af te beweeg nie aangesien dit nie altyd
so maklik is om weer jou spoed te verminder op 'n afdraende grondpad
nie!). Nog baie ander dinge is vanaf
hierdie berg te sien en te leer as ons net bietjie rond beweeg na ander
uitkyk plekke toe....kom stap saam, laat my toe om jou 'n paar
ander vergesigte oor die laagland, wat die kinders van God in besit moet
neem, te toon. Ek het al bietjie hier rond gestap om hierdie land te
verken. As mens iets mooi en goed
gesien het wil mens mos graag vir ander daarvan vertel, veral dinge soos
hierdie wat mens nie vir jou self kan hou nie aangesien jy nie die eienaar
daarvan is nie. Die berge sowel as die laagtes is alles in en uit Sy Hoogste! |
| Volgende > |
|---|