HOOFSTUK 1
DIE BELYDENIS EN ORDE VAN DIE KERK
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk staan gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naamlik die sewe en dertig artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die vyf Dordtse Leerreëls.
Artikel 2
Waar die Woord van God eis dat in die gemeente van Christus alles welvoeglik en ordelik moet toegaan (1 Kor 14:40), word in die volgende artikels 'n aantal bepalinge gegee vir die lewe en werk van die Kerk met die oog op die volbrenging van sy taak en roeping ooreenkomstig die Heilige Skrif en die Belydenis.
Hierdie bepalinge
handel oor die ampte in die Kerk, die vergaderinge van die Kerk, die werksaamhede
van die Kerk, regering en tug van die Kerk en die betrekkinge van die Kerk
na buite.
5.1 Vir die toelating tot die bediening van die Woord word vereis:
5.1.1 'n geskiktheid vir die amp
5.1.2 'n deeglike teologiese opleiding en
5.1.3 die ondertekening van die Formuliere van Eenheid.
5.3 Die sorg vir, asook die beheer en toesig oor die opleiding van evangeliedienaars word deur 'n kuratorium behartig.
5.3.1 Die kuratorium word saamgestel uit verteenwoordigers van die sinode(s) in wie se gebied die teologiese fakulteit geleë is. Die getal lede in die kuratorium word bepaal deur onderlinge reëling tussen die betrokke sinodes (Kaapland en Transvaal). Ander sinodes het die reg om op eie koste elk een verteenwoordiger in die kuratorium te benoem.
5.3.2 Die kuratorium is verantwoordelik vir die keuring, begeleiding, toesighouding oor, eksaminering en aanbeveling vir toelating tot die evangeliebediening van teologiese studente. Hierdie verantwoordelikhede kan namens die kuratorium deur ('n) kommissie(s) van die kuratorium behartig word.
5.3.3 Die raad van dosente is meer bepaald vir die akademiese opleiding van die studente verantwoordelik.
5.3.4 Een lid van die raad van dosente het met adviserende stem sitting in die kuratorium.
5.4 Ten opsigte van universiteite waar daar nie 'n teologiese fakulteit van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan nie, geskied die keuring, begeleiding en toesighouding oor studente wat met die eerste fase van die opleiding vir die evangeliebediening besig is, deur 'n sinodale kommissie vir begeleiding wat deur die betrokke sinode benoem word.
5.5 Die kuratorium benoem 'n eksamenkommissie wat bestaan uit soveel lede as wat hy nodig ag uit bevoegde persone voorgelê aan die kuratorium deur die onderskeie sinodes en wat nie noodwendig lede van die kuratorium hoef te wees nie.
Die eksamenkommissie het as opdragte:
5.5.1 Die keuring en aanbeveling by die kuratorium van kandidate ná voltooiing van hul teologiese studies.
5.5.2 Die afneem van Colloquium Doctum.
Die amp of bediening van die bedienaar van die Woord is gerig op die Woordbediening in sy verskillende gestaltes en omvat:
9.2 die bediening van die sakramente;
9.3 die diens van gebede;
9.4 die leiding van die eredienste;
9.5 die kerklike onderrig, in samewerking met die ander ampte en die gelowiges;
9.6 die behartiging van die herderlike sorg, veral in die vorm van huisbesoek, saam met die kerkraadslede;
9.7 die ywer vir die uitbreiding van die koninkryk van God;
9.8 die regering, organisasie, leiding en bestuur van die gemeente saam met die ouderlinge en diakens;
9.9 Die uitoefening, saam met die ouderlinge en diakens, van die opsig en tug oor die gemeente;
9.10 die leiding van kerkraadsvergaderings.
'n Bedienaar van
die Woord mag geen ampspligte (Artikel 9) uitoefen binne die grense van
'n ander gemeente sonder die toestemming van daardie kerkraad nie.
Daar behoort 'n gereelde aftrede van ouderlinge en diakens te wees. Elke sinode bepaal die dienstermyn van ouderlinge en diakens.
16.1.1 die regering van die gemeente;
16.1.2 die doen van huisbesoek;
16.1.3. die uitoefening van opsig en tug;
16.1.4 waaksaamheid oor die suiwerheid van die leer;
16.1.5 medeverantwoordelikheid vir die kategetiese onderwys;
16.1.6 die roeping om ander na Christus te lei;
16.1.7 ander opdragte wat deur die kerkraad bepaal word in die lig van 16.1.
16.2 Die kerkraad bepaal met inagneming van 16.1.1 tot 16.1.7 die bedienings-verantwoordelikheid van elke ouderling.
17.1.1 die opheffing, vertroosting en ondersteuning van almal wat in een of ander opsig barmhartigheidsdiens benodig;
17.1.2 die insameling en besteding van middele wat vir die diakonale werk nodig is;
17.1.3 die organisering en leiding van die barmhartigheidsbediening van die gemeente;
17.1.4 ander opdragte wat deur die kerkraad bepaal word in die lig van 17.1.
17.2 Die kerkraad bepaal met inagneming van 17.1.1 tot 17.1.4 die bedienings-verantwoordelikheid van elke diaken.
DIE VERGADERINGE VAN DIE KERK
Daar is vier kerkvergaderinge: Kerkraad, Ring, Sinode en Algemene Sinode.
Artikel 19
Die opsig oor, die
regering van en die tug in die Kerk word aan hierdie vergaderinge toevertrou.
4.8 Die dienswerk van die gelowiges
55.2 Hierdie dienswerk van die gelowiges kan ongeorganiseerd en spontaan geskied, maar behoort ook ter wille van die groter krag en doeltreffender funksionering daarvan kerklik georganiseer te word. Sodanige organisasie moet egter altyd geskied met toepaslike verantwoording aan die kerkraad, ring en sinode.
Die Kerk het die onvervreembare reg om sy eie lidmate vir bepaalde werk-saamhede te organiseer deur kommissies van die kerkraad, ring óf sinode óf te laat organiseer deur organisasies wat van die Kerk daartoe opdrag gekry het.
55.3 Waar daar kerklike organisasies vir bepaalde dienswerk bestaan in sinodale en algemeen-sinodale verband, behoort alle georganiseerde dienswerk op daardie terrein daarby in te skakel.
55.4 Organisasies wat in hierdie verband tot stand kom, lê hulle bepalinge aan die betrokke kerkvergadering vir goedkeuring voor. Die voorlegging geskied deur die kerklike kommissie wat verantwoordelik is vir die afdeling van die Kerk se werk waarby die organisasie die nouste betrokke is.
4.9 Leer en aktuele sake
Die Kerk beywer
hom vir Skrifgefundeerde beskouinge ten opsigte van aktuele, leerstellige
en etiese aangeleenthede en die bevordering van 'n sedelik gesonde openbare
lewe.
.
HOOFSTUK 5
KERKLIKE OPSIG EN TUG
58.1.1 tot eer van God;
58.1.2 tot heil van die Kerk;
58.1.3 tot behoud van die sondaar;
58.2 volgens voorskrifte van
58.2.1 die Woord van God;
58.2.2 die Belydenisskrifte;
58.2.2 die Kerkorde en ander bepalinge van die Kerk.
59.2 Die amptelike uitoefening van die tug deur kerkvergaderings of hulle gevolmagtigdes vervang nie die roeping van die gelowiges tot onderlinge vermaning nie, maar vul dit aan.
59.3 Amptelike kerklike opsig en tug is pastoraal-kerkregtelik van aard en moet uit 'n Bybelse en geestelike oogpunt billik en regverdig toegepas word.
Ooreenkomstig Artikel 58.2 en om gestalte te gee aan Artikel 59.3 moet kerkvergaderings of hulle gevolmagtigdes aan die volgende uitvoering gee tydens die tugondersoek:
59b 2 dat niemand met enige persoonlike of finansiële belang by die saak wat ondersoek word, deel van die vergadering sal wees wat die ondersoek doen en besluite neem nie: die vergadering word dus gesuiwer van persone soos die partye (die klaer[s] en aangeklaagde[s]), hulle getuies, persone wat in die eerste of tweede graad aan die partye verwant is en ander persone wat een of ander persoonlike belang by die saak het;
59b.3 dat die bevindinge en tugmaatreëls van kerkvergaderings of hulle gevolmagtigdes met 'n opgaaf van redes gepaard gaan.
Artikel 60
60.2 Sondes wat openbare aanstoot gee of wat na aanleiding van die voorskrifte van Matteus 18:15-17 onder die aandag van die Kerk kom, stel die oortreder(s) bloot aan 'n amptelike tugondersoek.
60.3 Tugwaardige sondes kan ook wangedrag deur werknemers van die Kerk in terme van diensverhoudinge insluit.
1. NAAM
Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (AKLAS).
2. SAMESTELLING
2.1 Vyf lede (met sekundi) wat deskundiges op die gebied van leer en aktuele sake is;
2.2 Die dosente van die departemente dogmatologie van elkeen van die teologiese fakulteite van Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein;
2.3 Die predikant in algemene sinodale diens met opdrag leer en aktuele sake (indien so 'n pos bestaan);
2.4 Een verteenwoordiger van die Algemene Kommissie van die Vrouediens;
2.5 Twee eksegete benoem deur die Algemene Sinode.
2.6 Ander deskundiges beperk tot 'n maksimum van drie gekoöpteerde persone vir die Kommissie sowel as drie vir elk van die subkommissies.
2.7 Die sinodes wat nie op die Kommissie verteenwoordig is nie, kan op eie koste elk 'n lid met adviserende stem aanwys.
3. OPDRAG
Die Kommissie
3.1 adviseer die Algemene Sinode in verband met alle sake rakende die leer en leerstellig-etiese kwessies van aktuele belang in die lewe en getuienis van die kerk in hierdie wêreld;
3.2 dra sorg vir navorsing en beplanning, inligting en voorligting in verband met die leer en aktuele sake.
4. KONSTITUERING EN VERGADERINGS
4.1 Die Kommissie konstitueer en vergader hoogstens drie maal tussen twee vergaderings van die Algemene Sinode;
4.2 By die konstituering word 'n dagbestuur saamgestel, bestaande uit die voorsitter, ondervoorsitter en skriba;
4.3 Die Kommissie
benoem subkommissies volgens behoefte.
7. PLEGTIGE LEGITIMASIE-VERKLARING
DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
Ek, die ondergetekende, .................................... toegelaat tot die openbare bediening van die Woord in die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur die Algemene Regskommissie wat daartoe gemagtig is, verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat ek van harte glo dat al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Enigheid - naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (Confessio Belgica), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, deur die Sinode van Dordrecht in die jare 1618 aangeneem - ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voornoemde leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen dié leer, hetsy regstreeks of onregstreeks, te leer of te skrywe. En net soos ek hierdie leer ter goeder trou aanneem en van harte glo, so verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry, en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoë te doen om dit uit die Kerk te weer. Ek beloof om my op die uitbreiding van die ryk van die Verlosser deur die bevordering van godsdienskennis, Christelike sedes, orde en eendrag met alle ywer toe te lê, en om my aan die verordeninge van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te hou. En indien dit mag gebeur dat ek later enige beswaar of ander insig omtrent hierdie leer kry, so belowe ek dat ek dit nóg openlik nóg heimlik sal voorstaan, leer of verdedig deur prediking of geskrif alvorens ek dit aan die sinode openbaar om aldaar nader ondersoek te word. En indien enige bevoegde kerklike liggaam te eniger tyd, ten einde die enigheid en suiwerheid van die leer te bewaar, dit goedvind om 'n nadere verklaring van my gevoele omtrent een of meer van die voormelde artikels te eis, so belowe ek hiermee plegtig dat ek altyd daartoe gewillig en bereid sal wees. En indien dit bevind word dat ek teen enige gedeelte van hierdie verklaring en belofte dienaangaande gehandel het, so belowe ek om my aan die uitsprake van die bevoegde kerkvergaderinge te onderwerp. Ook verklaar ek plegtig voor God dat ek, om 'n standplaas te verkry, geen ooreenkoms aangegaan of gifte gegee het of ooit sal aangaan of gee nie; dat ek nie daarvan bewus is dat dit deur iemand van my kant af in my belang aangegaan of gegee is, of aangegaan en gegee sal word nie; dat ek ook nimmer 'n standplaas sal soek of aanvaar waarvan ek mag vermoed dat dit deur enige voorwaarde, belofte of watter middele ook al van 'n voorafgegane ooreenkoms aan my opgedra word nie. Ek verbind my deur my handtekening tot al die vermelde.
Geteken te .............................…………....... op …........................... 19 .......
Geteken in my teenwoordigheid .............……………...............................….......